Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die plantjies in my tuin
die plantjies in my tuin [boodskap #139995] Di, 16 Augustus 2022 11:18
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
dis winter
en dis gletserkoud
die grond is deurdrenk
na ‘n week van reën
en mens en dier
voel net pyn in die spier

maar daar word gejubel
en gedans en fees gevier
deur miljoene kindertjies
wat so pas die eerste lewenslig aanskou
te midde van hierdie kou’

met ‘n oorverdowende geraas
word rotsblokke verskuif
en vreemdelinge uit die pad gestoot
deur hierdie groen kindertjies van hout
daar waar hulle mens en dier
se weg versier
Vorige onderwerp: om te onthou
Volgende onderwerp: kinders
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 13:35:18 MGT 2024