Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » deur die ogies van 'n dowe kindjie
deur die ogies van 'n dowe kindjie [boodskap #139875] Vr, 05 Augustus 2022 19:42
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek het al so baie daaroor gewonder
ek het oortjies, maar moet klaarkom daarsonder
omdat ek niks kan hoor
ek wens ek kon my oortjies toor

tot nou toe was my wêreldjie baie stil gewees
daar was niemand om my oortjies te genees
ek moes my handjies gebruik as ek wou praat
of ek nou kossies wou hê of die kamer verlaat

maar nou is dit ‘n heel ander storie
vir my is dit ‘n ware glorie
want ek kan nou ook praat en hoor
die mense by carel du toit met my oortjies getoor
Vorige onderwerp: die stortingsterrein
Volgende onderwerp: hoop van die swartland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 08:36:41 MGT 2024