Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » standaardiseer
standaardiseer [boodskap #139613] Wo, 29 Junie 2022 18:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18624
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
standaardiseer
Afbreking: stan•daar•di•seer


Werkwoord: standaardiseer
Verlede tyd: het gestandaardiseer
Teenwoordige deelwoord: standaardiserende
Verlede deelwoord: gestandaardiseerde

Betekenis:
• Om iets met 'n vooraf bepaalde standaard te laat ooreenstem (vir eenvormigheid, laer koste, beter gehalte, ens.)

Gebruik:
• Baie moeite en geld kan bespaar word deur selfone se laaiers te standaardiseer.

Sinoniem:
• harmoniseer
• normaliseer
• yk

Afgelei:
• standaardisasie
• standaardisering

Vertaling:
Engels: to standardise, standardize
Nederlands: standaardiseren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: reëlmatigheid
Volgende onderwerp: reëlmaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 11:38:07 MGT 2024