Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » damp
damp [boodskap #139595] Sa, 25 Junie 2022 15:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
damp
Afbreking: damp


Selfstandige naamwoord: damp
Meervoud: dampe
Verkleinwoord: dampie
Meervoud van verkleining: dampies

Betekenis:
• Wolk van fyn druppeltjies wat in die lug hang.
• (natuurkunde) 'n Vloeistof in sy gasfase.
• (informeel) Iets om te rook, soos 'n pyp of sigaret (slegs verkleining).

Gebruik:
• Kook die ketel tot jy die damp sien uitkom.
• Die verlaging van temperatuur of verhoging van druk kan 'n damp tot kondensasie dwing.
• Ons gaan gou 'n dampie vat.

Sinoniem:
• gas
• stoom
• walm
• wasem

Hiponiem:
• formaldehieddamp
• fosfordamp
• gifdamp
• kaliumdamp
• koledamp
• kruitdamp
• kwikdamp
• looddamp
• petroldamp
• rookdamp
• sigaardamp
• stofdamp
• swaeldamp
• waterdamp

Afgelei
• dampdigtheid
• dampdruk
• dampig
• dampkring
• damplaag
• dampvorming
• dampwolk

Vertaling:
Engels: vapour, vapor, fume, mist
Nederlands: damp


Werkwoord: damp
Verlede tyd: het gedamp
Teenwoordige deelwoord: dampende

Betekenis:
• Om rook, wasem of mis af te gee.

Gebruik:
• Die man damp aan sy pyp.

Afgelei:
• indamp
• uitdamp
• verdamp

Vertaling:
Engels: to evaporate
Nederlands: dampen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: emeritaat
Volgende onderwerp: konvulsie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 22:53:24 MGT 2024