Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanloop
aanloop [boodskap #138705] Ma, 10 Januarie 2022 19:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanloop
Afbreking: aan•loop
Samestelling: aan + loop


Selfstandige naamwoord: aanloop
Meervoud: aanlope
Verkleinwoord: aanlopie
Meervoud van verkleining: aanlopies

Betekenis:
• Die eerste deel (voorbereiding of aanvang) van iets wat besig is om op dreef te kom.

Gebruik:
• Die vliegtuig het na 'n kort aanloop opgestyg.

Sinoniem:
• aanvang
• aanvoorwerk
• inleiding
• leityd
• oploop
• proloog
• toeloop

Afgelei:
• aanloopbaan
• aanloopfase
• aanloophawe
• aanloopplek
• aanloopvlak

Vertaling:
Engels: run-up, lead-in, approach
Nederlands: aanloop


Werkwoord: loop aan, aanloop
Verlede tyd: het aangeloop

Betekenis:
• Om verder te loop; aanstap; aanstryk; aanstoot.
• Om agter iets anders aan te loop.

Gebruik:
• As jy 'n entjie aanloop sal jy die plek op linkerhand sien.
• Sy het die hele dag soos 'n stertjie agter my aangeloop.

Spreekwoord:
• Agter jou neus aanloop. [Iets doen sonder om te dink.]

Vertaling:
Engels: to walk on
Nederlands: aanlopen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: siedaar
Volgende onderwerp: waardig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:58:10 MGT 2024