Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Beurtkrag (Blaameer vir Eskom)
Beurtkrag [boodskap #124762] Ma, 11 Februarie 2019 19:01 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Terug na olielampe.
Terug na olielampe.
As gevolg van beurtkrag (load shedding) sal mense vanaand weer vroeg kooi toe gaan. Oor 9 maande gaan ons babas met die volgende name kry:

Kers Grobler
Darkness Mapanga
Vroegslaap Jordaan
Blackout Dube
Generator van Zyl
Vlam van Rooyen
Paraffienlamp van Rensburg
Gasoline Smith
Pompie Primus
Sannie Everedy Visser
Flits Botha
Lampie Lampreghts
Kilowatt Koster
Kerswas van As
Donker Jonker
Gaslamp Aukamp
Vuurhoutjie van Vuuren
Spyker van der Merwe
Eskom Kleinbooi
Solar September

... en laaste maar nie die minste nie:
Nagskof van Niekerk!
Re: Beurtkrag [boodskap #124780 is 'n antwoord op boodskap #124762] Do, 14 Februarie 2019 19:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
"Ja, die hele wêreld word stil, en luister in die donker uur
Na die naggeluide van ons generator se getier (geknorrrr)..."
Re: Beurtkrag [boodskap #124828 is 'n antwoord op boodskap #124780] Wo, 20 Februarie 2019 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Voorbladnuus in Die Transvaler van Vrydag, 17 Oktober 1947: Die stad kom tot 'n stilstand weens 'n 35 minuut lange kragonderbreking!

STAD KOM TOT STILSTAND. Absolute verwarring het gister in die Goudstad en voorstede losgebreek toe die elektriese toevoer vir die langste tyd wat dit nog ooit onderbreek was, naamlik 35 minute omstreeks 4.15 nm., afgesny is…

/fa/85/0/
Foto via @DanniTwiet [Daniëlla van Heerden] op Twitter
Re: Beurtkrag [boodskap #124948 is 'n antwoord op boodskap #124828] Sa, 09 Maart 2019 15:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
BEURTKRAG:
FASE 1: Steek aan die vuur
FASE 2: Gooi 'n dop
FASE 3: Braai 'n tjop
...
FASE 10: Eskom kom haal jou vrou, wat jy het gesê sy is die lig in jou lewe.
Re: Beurtkrag [boodskap #125151 is 'n antwoord op boodskap #124948] Sa, 16 Maart 2019 19:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Wat het SA voor kerslig gehad?
Antwoord: Elektrisiteit.

Wat is die verskil tussen "e-mail" (e-pos) en gmail?
Antwoord: E-mail word met elektrisiteit gestuur, gmail met 'n generator.
Re: Beurtkrag [boodskap #127483 is 'n antwoord op boodskap #125151] Sa, 17 Augustus 2019 08:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Gatiep verskyn in die hof.
Regter: "Gatiep, wat het jy gesteel?"
Gatiep: "'n Wekkertjie!"
Regter: "En wat is die waarde van die wekkertjie?"
Gatiep: "So R 16 000,00."
Regter: "Genade Gatiep, wat se tipe wekkertjie is soveel werd?"
Gatiep: "'n Kragopwekkertjie."
Re: Beurtkrag [boodskap #128648 is 'n antwoord op boodskap #127483] Wo, 11 Desember 2019 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Vanaand kan ons 90% reën verwag, met elektrisiteit plek-plek.
Re: Beurtkrag [boodskap #128779 is 'n antwoord op boodskap #128648] Sa, 21 Desember 2019 21:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
Eskomkennisgewing:

Daar was die afgelope week geen beurtkrag nie.
Eskom is van die probleem bewus, en gee daaraan aandag.
Re: Beurtkrag [boodskap #129076 is 'n antwoord op boodskap #128779] So, 05 Januarie 2020 16:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Op 5 Januarie 2020 is daar nou skielik weer beurtkrag.
Die persoon wat die krag afskakel is waarskynlik terug van verlof.
Re: Beurtkrag [boodskap #129185 is 'n antwoord op boodskap #129076] Sa, 11 Januarie 2020 16:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dis weer beurtkrag en al die bure se genarators loop.
Ek het maar die grassnyer gestart sodat ons nie soos armgatte klink nie.
Re: Beurtkrag [boodskap #130330 is 'n antwoord op boodskap #129185] Ma, 16 Maart 2020 18:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
!!!...DRINGEND...!!!

Eskom vra dat almal asb hul krag self moet afsit môre van 12:00 tot 14:30, en dan weer van 20:00 tot 22:30, want die een wat gewoonlik die knoppie moet druk werk môre van die huis af...
Re: Beurtkrag [boodskap #138392 is 'n antwoord op boodskap #130330] Vr, 12 November 2021 09:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Vrou gil uit die kombuis vir haar man in die sitkamer:
"Hier was gister nog ses biere in die yskas gewees, nou is hier net een oor!"
"Wat is jou verskoning?"

Hy skree terug:
"Dis Eskom se skuld wat die ligte afgesit het!"
"Ek kon nie daai een in die donker sien nie."
Re: Beurtkrag [boodskap #143087 is 'n antwoord op boodskap #138392] Wo, 06 September 2023 05:45 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
/fa/105/0/
Vorige onderwerp: Hoe weet jy jy kom van Brakpan af?
Volgende onderwerp: Skoonmaker help die dokter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:34:11 MGT 2024