Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nietig
nietig [boodskap #138027] Vr, 24 September 2021 09:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nietig
Afbreking: nie•tig


Byvoeglike naamwoord: nietig
Vergrotende trap: nietiger
Oortreffende trap: nietigste
Attributief: nietige
Partitief: nietigs

Betekenis:
• Wat gering en onbelangrik is.
• Wat ongeldig is.

Gebruik:
• 'n Mens voel nietig wanneer jy vanuit die ruimte na die aarde kyk.
• Die ooreenkoms is nietig verklaar.

Sinoniem:
• betekenisloos
• beuselagtig
• gering
• klein
• kleinlik
• niksbeduidend
• nutteloos
• onbeduidend
• onbelangrik
• onbenullig
• onbetekenend
• ongeldig
• petieterig
• triviaal
• waardeloos

Afgelei:
• nietigheid

Vertaling:
Engels: insignificant; invalid, annulled, void
Nederlands: nietig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stabiel
Volgende onderwerp: privaatsak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 06:56:25 MGT 2024