Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Volksraad
Volksraad [boodskap #124459] Sa, 19 Januarie 2019 20:27 na volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Volksraad is die naam van die wetgewende liggaam van die vroeëre Boererepublieke, die Unie van Suid-Afrika, en tot 1994 van die Republiek van Suid-Afrika.

Die eerste Volksraad is op 2 Desember 1836 deur die Voortrekkers in die lewe geroep kort nadat hulle die Oranjerivier oorgesteek het. Dit het bestaan uit 7 man wat ook as 'n geregshof gedien het. Op 6 Junie 1837 is nog 'n Volksraad op Winburg verkies. Nadat hulle die Drakensberge oorgesteek het, het die trekkers die Republiek van Natalia gestig waar hulle in Maart 1839 nog 'n Volksraad, bestaande uit 24 lede, ingestel het. In 1840 het die eerste Transvaalse burgers 'n Volksraad op Potchefstroom ingestel. Ander is gestig op Lydenburg, Rustenburg en elders.

Die magte van die Volksraad is in Transvaal omskrywe ingevolge die Grondwet van 1857 en in die Vrystaat ingevolge dié van 1854. Verskeie wysigings is aangebring en in 1889 is die Tweede Volksraad met beperkte magte gestig om aan die eise van die ‘Uitlanders’ te voldoen. Voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog het die twee Transvaalse Volksrade uit 27 lede elk bestaan, terwyl dié van die Oranje-Vrystaat wat net een Volksraad gehad het, 60 lede getel het.

Na die stigting van die Unie van Suid-Afrika is die naam aan die Wetgewende Vergadering gegee. Die Volksraad van Suid-Afrika was die laer huis van die parlement van Suid-Afrika van 1910 tot 1981, die enigste parlementêre kamer tussen 1981 en 1984, en eindelik die wit verteenwoordigende huis van die Driekamerparlement van 1984 tot April 1994, toe dit deur die huidige Nasionale Vergadering vervang is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Re: Volksraad [boodskap #137982 is 'n antwoord op boodskap #124459] So, 19 September 2021 13:16 Na vorige boodskap
louisesmith1964  is tans af-lyn  louisesmith1964
Boodskappe: 1
Geregistreer: September 2021
Karma: 0
Junior Lid
/fa/102/0/Forgive my use of English - it is my first language and just quicker and easier to write.

We have attached this interesting photograph and would like to know if anyone can assist in verifying the gentlemen in the picture, as transcribed below.

EERSTE VOLKSRAAD
Agter - S R du Toit, R K Loveday, J H Labuschagne, J G G Bassle (Stenograaf)

Middel - B J Vorster, J P Coetser, L Botha, J de Clercq, J L van Wiuk, A Dieperink**, D J Louw, J F de Beer, P J Schutte

Voor - W J Folkens, A D Wolmarans, F G H Wolmarans, N M S Prinsloo, J P Meyer, J du P de Beer, J H Delareij

Links
J W van der Ryst (Bode)

Regs
A J Havinga (Ass. Bode)

** My 2nd Great Grandfather found on FamilySearch https://www.familysearch.org/tree/person/details/MJZ6-MC9

Vorige onderwerp: Rooivink
Volgende onderwerp: Bybel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:22:24 MGT 2024