Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » radikaal
radikaal [boodskap #137422] Vr, 30 Julie 2021 17:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
radikaal
Afbreking: ra•di•kaal


Byvoeglike naamwoord: radikaal
Vergrotende trap: radikaler
Oortreffende trap: radikaalste
Attributief: radikale
Partitief: radikaals

Betekenis:
• Wat diep ingrypend is; tot die uiterste gaan.

Gebruik:
• Die pandemie het ons lewens radikaal verander.

Sinoniem:
• deurtastend
• drasties
• ekstremisties
• ingrypend
• verreikend

Afgelei:
• radikaalgesind

Vertaling:
Engels: radical
Nederlands: radicaal


Selfstandige naamwoord: radikaal
Meervoud: radikale

Betekenis:
• 'n Chemiese spesie wat ongepaarde elektrone besit.

Gebruik:
• 'n Vrye radikaal word aangedui met 'n kolletjie aan die regterkant (byvoorbeeld Cl· vir 'n chloor-radikaal).

Afgelei:
• alkielradikaal
• suurradikaal

Vertaling:
Engels: radical
Nederlands: radicaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: poegaai
Volgende onderwerp: hoenderhen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 20:47:52 MGT 2024