Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » getuig
getuig [boodskap #137412] Vr, 30 Julie 2021 08:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
getuig
Afbreking: ge•tuig


Werkwoord: getuig
Verlede tyd: het getuig

Betekenis:
• Om 'n verklaring/getuienis oor die ware toedrag van sake af te lê.
• Om as bewys van iets te dien.

Gebruik:
• Hy is gedagvaar om in die hof onder eed teen die beskuldigde te getuig.
• Sulke gedrag getuig van barbaarsheid en die uiterste gevoelloosheid!

Sinoniem:
• attesteer
• bevestig
• uitwys
• verklaar

Afgelei:
• getuigskrif

Verwant:
• getuie
• getuienis

Vertaling:
Engels: to testify, give testimony; bear witness
Nederlands: getuigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: toorn
Volgende onderwerp: verneem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:33:44 MGT 2024