Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lokvoël
lokvoël [boodskap #137409] Do, 29 Julie 2021 20:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lokvoël
Afbreking: lok•voël
Samestelling: lok + voël


Selfstandige naamwoord: lokvoël
Meervoud: lokvoëls
Verkleinwoord: lokvoëltjie
Meervoud van verkleining: lokvoëltjies

Betekenis:
• 'n Voël (eg of nagemaak) om ander voëls te lok.
• (figuurlik) Iets of iemand wat ander in 'n lokval lei.

Gebruik:
• Die maklikste manier om 'n kraai te vang is om 'n lewendige lokvoël in 'n lokval te plaas.
• Die polisie het 'n lokvoël gebruik om die skelm vas te trek.

Sinoniem:
• lokvink

Vertaling:
Engels: decoy bird; decoy, police-trap
Nederlands: lokvogel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: horrelvoet
Volgende onderwerp: regtrek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 02:21:11 MGT 2024