Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » seeman
seeman [boodskap #137405] Do, 29 Julie 2021 15:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
seeman
Afbreking: see•man
Samestelling: see + man


Selfstandige naamwoord: seeman
Meervoud: seemanne, seeliede, seelui
Verkleinwoord: seemannetjie
Meervoud van verkleining: seemannetjies

Betekenis:
• Persoon wat op 'n vaartuig ter see werk.
• Die laagste militêre rang in die vloot.

Gebruik:
• Hy is 'n visser en geharde seeman wat op 'n treiler werk.
• Die soldaat is van seeman tot bevare seeman en later tot bootsman bevorder.

Sinoniem:
• matroos
• seevaarder

Afgelei:
• seemansak
• seemansalmanak
• seemansgraf
• seemanshuis
• seemansjekker
• seemanskuns
• seemanslewe
• seemanslied
• seemanskap
• seemanstaal
• seemanswoord
• seemanswoordeboek

Vertaling:
Engels: seaman, sailor
Nederlands: zeeman

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aandoening
Volgende onderwerp: janmaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:34:13 MGT 2024