Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aandoening
aandoening [boodskap #137404] Do, 29 Julie 2021 13:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aandoening
Afbreking: aan•doe•ning
Samestelling: aandoen + -ing


Selfstandige naamwoord: aandoening
Meervoud: aandoeninge, aandoenings
Verkleinwoord: aandoeninkie
Meervoud van verkleining: aandoeninkies

Betekenis:
• 'n Kwaal of siekte van 'n deel van die liggaam.
• Iets wat 'n mens se hart roer; emosioneel tref.

Gebruik:
• Geelsug is 'n aandoening wat veroorsaak dat die vel en slymvliese 'n gelerige kleur kry.
• Hy het begin snik en kon sy trane van aandoening later nie meer wegsteek nie.

Sinoniem:
• aanval
• emosie
• kwaal
• ontroering
• ongesteldheid
• sentiment
• sieklikheid
• siekte
• skeet

Afgelei:
• gehooraandoening
• hartaandoening
• heupaandoening
• leweraandoening
• maagaandoening
• oogaandoening
• velaandoening

Vertaling:
Engels: ailment, complaint; emotion
Nederlands: aandoening

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skrikaanjaend
Volgende onderwerp: seeman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 06:13:34 MGT 2024