Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » perforasie
perforasie [boodskap #137384] Wo, 28 Julie 2021 09:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Posseëls het perforasies waarlangs dit losgeskeur word.
Posseëls het perforasies waarlangs dit losgeskeur word.
perforasie
Afbreking: per•fo•ra•sie


Selfstandige naamwoord: perforasie
Meervoud: perforasies

Betekenis:
• Handeling of plek waar iets geperforeer (deurboor) is, soos gaatjies in papier waarlangs dit geskeur of gesny word.

Gebruik:
Perforasie van die dun- of dikderm is 'n potensieel dodelike mediese situasie.

Sinoniem:
• deurboring
• gaatjies
• snylyn
• tanding

Afgelei:
• dermperforasie

Vertaling:
Engels: perforation
Nederlands: perforatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wegrol
Volgende onderwerp: bakhand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 00:11:09 MGT 2024