Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » toevlug
toevlug [boodskap #137369] Di, 27 Julie 2021 06:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toevlug
Afbreking: toe•vlug
Samestelling: toe + vlug


Selfstandige naamwoord: toevlug
Meervoud: toevlugte
Verkleinwoord: toevluggie
Meervoud van verkleining: toevluggies

Betekenis:
• 'n Veilige plek waar 'n mens teen gevaar kan skuil.

Gebruik:
• Beskermde gebiede het in baie dele van die wêreld die laaste toevlug vir talle bedreigde spesies geword.

Sinoniem:
• den
• hawe
• heenkome
• skuiling
• skuilplek
• toeverlaat
• vesting
• wegkruipplek

Afgelei:
• toevlugshawe
• toevlugsoord

Vertaling:
Engels: refuge, shelter, sanctuary
Nederlands: toevlucht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skelet
Volgende onderwerp: kollega
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 21:40:21 MGT 2024