Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kouevuur
kouevuur [boodskap #137353] So, 25 Julie 2021 17:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kouevuur
Afbreking: kou•e•vuur
Samestelling: koue + vuur


Selfstandige naamwoord: kouevuur
Meervoud:

Betekenis:
• Die afsterwing en ontbinding/verrotting van lewende weefsel, dikwels die gevolg van 'n bakteriese infeksie.

Gebruik:
• Amputasie is dikwels nodig om 'n pasiënt met kouevuur se lewe te red.

Sinoniem:
• nat gangreen
• weefselafsterwing
• weefseldood

Vertaling:
Engels: gas gangrene
Nederlands: koudvuur

Nota:
• Gangreen lyk soos brandwonde, terwyl die pasiënt 'n gevoel van koue ervaar, vandaar die naam.
• Moenie kouevuur met droë gangreen (nekrose) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: inbetaal
Volgende onderwerp: stoorkamer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 12:12:16 MGT 2024