Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » register
register [boodskap #137325] Vr, 23 Julie 2021 15:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
register
Afbreking: re•gis•ter


Selfstandige naamwoord: register
Meervoud: registers
Verkleinwoord: registertjie
Meervoud van verkleining: registertjies

Betekenis:
• 'n Lys van gegewens oor persone of sake wat bygehou word.
• Die klankreeks of toonomvang van 'n instrument of stem; stemregister.

Gebruik:
• Is die register op datum? Wie is veronderstel om die register by te werk?
• Die orrelis speel die lied in 'n vreemde register.

Sinoniem:
• indeks
• inventaris
• katalogus
• lys
• rol

Afgelei:
• aandeleregister
• doderegister
• doopregister
• familieregister
• geslagregister
• handelsregister
• instruksieregister
• kasregister
• klasregister
• sonderegister
• tongregister
• trilregister
• trouregister
• werkuurregister
• woordregister

Afkorting:
• reg.

Vertaling:
Engels: register, record, index
Nederlands: register

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sleepnet
Volgende onderwerp: sigwaarde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:43:57 MGT 2024