Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vogtig
vogtig [boodskap #137323] Vr, 23 Julie 2021 14:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vogtig
Afbreking: vog•tig
Samestelling: vog + -tig


Byvoeglike naamwoord: vogtig
Vergrotende trap: vogtiger
Oortreffende trap: vogtigste
Attributief: vogtige
Partitief: vogtigs

Betekenis:
• Wat klam en natterig is; nie droog en ook nie heeltemal sopnat nie.

Gebruik:
• Trane hou ons oë vogtig.
• 'n Mens ervaar koue meer intens wanneer die lug vogtig is as wanneer dit droog is.

Sinoniem:
• bedompig
• klam
• nat
• natterig
• sappig
• sopperig
• stomend
• sweterig
• waterig

Antoniem:
• droog

Afgelei:
• vogtigheid

Vertaling:
Engels: moist, humid
Nederlands: vochtig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gesant
Volgende onderwerp: sleepnet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 12:02:14 MGT 2024