Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » domper
domper [boodskap #137307] Do, 22 Julie 2021 10:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Domper.
'n Domper.
domper
Afbreking: dom•per


Selfstandige naamwoord: domper
Meervoud: dompers
Verkleinwoord: dompertjie
Meervoud van verkleining: dompertjies

Betekenis:
• Voorwerp waarmee iets uitgedoof word.
• (figuurlik) Iemand stilmaak, ontmoedig of teengaan.

Gebruik:
• Sy blus die kers met 'n domper.
• Ons sal hom die domper moet opgelê om te keer dat hy uitpraat.

Sinoniem:
• blusdoppie

Afgelei:
• kersdomper

Vertaling:
Engels: extinguisher, damper, obscurant
Nederlands: domper

Nota:
• Die woord "Dopper" is van domper afgelei; blykbaar is gedink dat hulle die lig van die liberale Kaapse kerk wou uitdoof.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ontsien
Volgende onderwerp: gulp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 12:21:49 MGT 2024