Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » goedheid
goedheid [boodskap #137255] Do, 15 Julie 2021 19:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
goedheid
Afbreking: goed•heid
Samestelling: goed + -heid


Selfstandige naamwoord: goedheid
Meervoud: goedhede

Betekenis:
• Die toestand of eienskap van goed wees.

Gebruik:
• Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae. [Psalms 23:6]

Spreekwoord:
• Sleg van goedheid wees. [So goed wees dat dit eintlik 'n ondeug is.]

Sinoniem:
• barmhartigheid
• goedertierenheid
• goedhartigheid
• vriendelikheid
• welwillendheid

Antoniem:
• boosheid
• kwaadaardigheid

Vertaling:
Engels: goodness, kindness
Nederlands: goedheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opmaak
Volgende onderwerp: gora
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 11:22:34 MGT 2024