Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » plunder
plunder [boodskap #137240] Wo, 14 Julie 2021 15:31
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Plundering van die kerk.
Plundering van die kerk.
plunder
Afbreking: plun•der


Werkwoord: plunder
Verlede tyd: het geplunder

Betekenis:
• Om goedere met geweld te buit en/of dit wat oorbly te verwoes (veral in oorlogstye of tydens onrus).

Gebruik:
• Die betogers het die winkel geplunder en daarna aan die brand gesteek.

Sinoniem:
• buit
• roof
• steel
• stroop

Afgelei:
• plunderaar
• plundering
• plundertog
• plundery

Vertaling:
Engels: to plunder, loot, pillage, ransack
Nederlands: plunderen


Selfstandige naamwoord: plunder
Meervoud:

Betekenis:
• Dit wat buitgemaak is.

Gebruik:
• Die seerowers het die plunder onder hulself verdeel.

Vertaling:
Engels: loot, pillage
Nederlands: plunder

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onlus
Volgende onderwerp: minagting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 18:47:45 MGT 2024