Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klug
klug [boodskap #137235] Wo, 14 Julie 2021 11:09
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
klug
Afbreking: klug


Selfstandige naamwoord: klug
Meervoud: klugte
Verkleinwoord: kluggie
Meervoud van verkleining: kluggies

Betekenis:
• (figuurlik) 'n Belaglike situasie of 'n of lagwekkende voorval.
• 'n Kort grappige toneelstuk waarin die akteurs in lawwe situasies betrokke raak.

Gebruik:
• Wat 'n klug is dit nie!
• Die toneelgroep voer 'n klug op.

Sinoniem:
• belaglikheid
• debakel
• fiasko
• gekkerny
• grap
• komedie
• komieklikheid
• paskwil
• sirkus
• satire
• spottery

Afgelei:
• klugspel
• klugspeler
• klugtig

Vertaling:
Engels: burlesque, jest, low comedy; farce, joke
Nederlands: klucht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: glip
Volgende onderwerp: rooibokooi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 17:54:28 MGT 2024