Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » glip
glip [boodskap #137234] Wo, 14 Julie 2021 09:49
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18790
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
glip
Afbreking: glip


Werkwoord: glip
Verlede tyd: het geglip

Betekenis:
• Om oor 'n gladde oppervlak te gly.

Gebruik:
• Die koppie glip uit sy hand uit en val op die vloer.

Spreekwoord:
• Deur die vingers laat glip. [Nie gebruik maak van 'n geleentheid nie.]

Afgelei:
• afglip
• deurglip
• ontglip
• verbyglip
• wegglip

Vertaling:
Engels: to slide, slip
Nederlands: glippen


Selfstandige naamwoord: glip
Meervoud: glippe

Betekenis:
• Posisie in krieket agter en aan die wegkant van die paaltjiewagter; glipveldwerker.

Gebruik:
• Die kolwer het drie viere geslaan voordat hy op tweede glip uitgevang is.

Vertaling:
Engels: slip

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: grootpad
Volgende onderwerp: klug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 18:35:02 MGT 2024