Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » partitief
partitief [boodskap #137222] Di, 13 Julie 2021 09:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
partitief
Afbreking: par•ti•tief
Uitspraak: /pɑrtitif/, /ˈpɑrtətif/


Selfstandige naamwoord: partitief
Meervoud: partitiewe

Betekenis:
• 'n Sintaktiese konstruksie of naamval om 'n verdeelde geheel aan te dui.

Gebruik:
• Die –s (in woorde soos moois of leliks) is deel van wat die grammatici die partitief noem en is nogals heeltemal korrekte Afrikaans.

Sinoniem:
• deelsgenitief
• partitiewe genitief

Vertaling:
Engels: partitive
Nederlands: partitief


Byvoeglike naamwoord: partitief
Attributief: partitiewe

Betekenis:
• Betreffende die sintaktiese konstruksie of naamval wat 'n verdeelde geheel aandui.

Gebruik:
• Die partitiewe –s verwys na die "-s" in konstruksies soos "iets interessants".

Vertaling:
Engels: partitive
Nederlands: partitief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: messel
Volgende onderwerp: meesterstuk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 07:36:16 MGT 2024