Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skeiding
skeiding [boodskap #137204] So, 11 Julie 2021 17:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skeiding
Afbreking: skei•ding
Samestelling: skei + ding


Selfstandige naamwoord: skeiding
Meervoud: skeidinge, skeidings
Verkleinwoord: skeidinkie
Meervoud van verkleining: skeidinkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van skei/verdeel (sodat dinge apart sal wees of uit mekaar uit by).

Gebruik:
• Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag. [Genesis 1:14]

Antoniem:
• vereniging

Hiponiem:
• afskorting
• grensdraad
• muur
• skeidslyn

Afgelei:
• afskeiding
• egskeiding
• skeidingsbevel
• skeidingslyn
• skeidingsmuur
• skeidingspakket
• skeidingsproses
• skeidingstegniek
• skeidingstoelae
• skeidingstyd
• skeidingsvlak
• skeidingswand
• uitskeiding
• waterskeiding

Vertaling:
Engels: separation, segregation, parting
Nederlands: scheiding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: drassig
Volgende onderwerp: aantreklikheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:38:28 MGT 2024