Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » seil
seil [boodskap #137197] Sa, 10 Julie 2021 17:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18802
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die seile van 'n seilboot.
Die seile van 'n seilboot.
seil
Afbreking: seil


Werkwoord: seil
Verlede tyd: het geseil

Betekenis:
• Om laag oor die grond te beweeg.
• Om oor water of land te gly, meestal met behulp van windkrag.

Gebruik:
• 'n Slang seil oor die pad.
• In 1488 seil Bartholomeüs Dias om die Kaap en land by Algoabaai.

Afgelei:
• aanseil
• abseil
• afseil
• binneseil
• deurseil
• inseil
• uitseil
• wegseil

Vertaling:
Engels: to sail
Nederlands: zeilen


Selfstandige naamwoord: seil
Meervoud: seile
Verkleinwoord: seiltjie
Meervoud van verkleining: seiltjies

Betekenis:
• Doek vir die mas van 'n vaartuig wat deur wind aangedryf word.
• Doek van sterk linne vir tente, reënjasse en dies meer.
• Sport waar windkrag gebruik word om 'n vaartuig oor water of land te dryf.

Gebruik:
• Hys die anker en span die seile!
• As jy piekniek hou, kan jy 'n seil uitgooi om op te sit.
• Hy het 'n liefde vir die see en vir seil.

Spreekwoord:
• 'n Ogie in die seil hou. [Waaksaam wees.]
• Jou seil na die wind hang. [Jou na omstandighede skik.]
• Die seil vir iemand stryk. [Iemand as jou meerdere sien.]

Afgelei:
• bakseil
• bokseil
• fokseil
• grondseil
• oorseil
• seilboot
• seilbroek
• seildoek
• seiler
• seilgare
• seilgaring
• seiljag
• seilkar
• seilklaar
• seilkrip
• seilmaker
• seilnaald
• seilplank
• seilsak
• seilskip
• seilskoen
• seilsport
• seilstoel
• seilstof
• seiltog
• seilvaartuig
• seilvereniging
• seilwedstryd
• stagseil
• tentseil
• topseil

Vertaling:
Engels: sail
Nederlands: zeil

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: disrespek
Volgende onderwerp: bakseil
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 05:42:27 MGT 2024