Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » horries
horries [boodskap #137190] Sa, 10 Julie 2021 10:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18817
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
horries
Afbreking: hor•ries


Selfstandige naamwoord: horries
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Skielike aanval van woede of geweldige skrik.
• Waansin weens alkoholvergiftiging of -ontrekking; akute dronkenskap, delirium tremens.

Gebruik:
• Ek kry elke keer die horries as beurtkrag toegepas word.
• 'n Mens kry die horries as jy te diep in die bottel gekyk het.

Sinoniem:
• aapstuipe
• bobbejaanstuipe
• oorval
• raserny
• ritteltits
• stuipe
• woedeaanval
• blouduiwel
• dronkmanswaansin

Vertaling:
Engels: the horrors; blue devils
Nederlands: woedeaanval; acute intoxicatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afgestomp
Volgende onderwerp: brandsiek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 15:46:25 MGT 2024