Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mofskaap
mofskaap [boodskap #137185] Sa, 10 Julie 2021 08:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Mofskape
Mofskape
mofskaap
Afbreking: mof•skaap
Samestelling: mof + skaap


Selfstandige naamwoord: mofskaap
Meervoud: mofskape
Verkleinwoord: mofskapie
Meervoud van verkleining: mofskapies

Betekenis:
• 'n Merinoskaap, bekend vir sy digte wol, maar ook vir vleisproduksie aangehou.

Gebruik:
• Om 20 kg wol van 'n mofskaap af te skeer sal enige Karooboer se hart warm laat kop.

Spreekwoord:
• Swyg soos 'n mofskaap. [Volstrek niks sê nie.]

Sinoniem:
• merino
• mof

Afgelei:
• mofskaapboer
• mofskaapplaas
• mofskaapvel
• mofskaapveld

Verwant:
• moflam
• mofooi
• mofram

Vertaling:
Engels: merino-sheep, wool-sheep
Nederlands: merinoschaap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: psigologie
Volgende onderwerp: mofbees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:01:11 MGT 2024