Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » maniere
maniere [boodskap #137178] Vr, 09 Julie 2021 08:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
maniere
Afbreking: ma•nie•re
Samestelling: manier + -e


Selfstandige naamwoord:
Meervoud: maniere

Betekenis:
• Gedrag of handelswyse; hoe 'n mens jou voor ander gedra.

Gebruik:
• Dit is goeie maniere om dames eerste by 'n deur te laat inloop.

Sinoniem:
• etiket
• gedrag
• gekunsteldheid
• hoflikheid

Afgelei:
• gemanierd
• maniërisme

Vertaling:
Engels: manners
Nederlands: manieren


Selfstandige naamwoord: manier
Meervoud: maniere
Verkleinwoord: maniertjie
Meervoud van verkleining: maniertjies

Betekenis:
• Meervoud van manier; hoe dinge gedoen word.

Gebruik:
• 'n Mens kan jou doel op verskillende maniere bereik.

Vertaling:
Engels: manners
Nederlands: manieren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: joel
Volgende onderwerp: skeuring
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 17:37:15 MGT 2024