Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pakket
pakket [boodskap #137153] Ma, 05 Julie 2021 17:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pakket
Afbreking: pak•ket


Selfstandige naamwoord: pakket
Meervoud: pakkette
Verkleinwoord: pakketjie
Meervoud van verkleining: pakketjies

Betekenis:
• Versameling voorwerpe of begrippe.
• Verpakte items, veral 'n posstuk wat per pos of koerier gestuur word.
• Versameling voordele aan iemand wat vroeg aftree of 'n werkgewer se diens verlaat.
• (rekenaarwetenskap) Versameling programme wat as 'n bondel uitgebring is.

Gebruik:
• Hierdie dienste kan losstaande of as 'n pakket aangekoop word.
• Die pakket het in die pos verlore geraak.
• 'n Pakket is al die werkers bo 50 aangebied.
• Watter pakket het u op u rekenaar geïnstalleer?

Sinoniem:
• pakkie
• verpakking

Afgelei:
• pakketboot
• pakketgoedkeurings
• pakketkantoor
• pakketpos
• pakketsamestelling
• pakkettekantoor
• pakketuitbetalings
• rekenaarpakket
• sagtewarepakket
• voedselpakket

Vertaling:
Engels: parcel; package; package deal; package
Nederlands: pakket

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: destruktief
Volgende onderwerp: strook
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 22:12:57 MGT 2024