Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stamwoord
stamwoord [boodskap #137104] Do, 01 Julie 2021 19:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stamwoord
Afbreking: stam•woord
Samestelling: stam + woord


Selfstandige naamwoord: stamwoord
Meervoud: stamwoorde
Verkleinwoord: stamwoordjie
Meervoud van verkleining: stamwoordjies

Betekenis:
• 'n Woord waarvan ander woorde (deur middel van fleksie, samestellings en afleidings) gevorm is.

Gebruik:
• Gegewe die woord "vriendskappe" is die stamwoord "vriend", wat deur afleiding "vriendskap" word, en deur verbuiging "vriendskappe".

Sinoniem:
• grondwoord
• stam
• wortel

Vertaling:
Engels: primitive word, stem
Nederlands: stamwoord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: meerlettergrepig
Volgende onderwerp: ruggraatloos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 22:53:19 MGT 2024