Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » betaling
betaling [boodskap #137082] Di, 29 Junie 2021 12:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
betaling
Afbreking: be•ta•ling


Selfstandige naamwoord: betaling
Meervoud: betalings
Verkleinwoord: betalinkie
Meervoud van verkleining: betalinkies

Betekenis:
• Die oorhandiging (of oorbetaling) van geld in ruil vir goedere of dienste.

Gebruik:
• Ons het nog nie u betaling ontvang nie.
• Teen die regte betaling sal hy omtrent enigiets doen.

Hiponiem:
• afbetaling
• bybetaling
• inbetaling
• uitbetaling
• vooruitbetaling
• termynbetaling
• terugbetaling
• wanbetaling

Afgelei:
• betalingstermyn
• betalingstelsel

Vertaling:
Engels: payment, settlement
Nederlands: betaling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bate
Volgende onderwerp: reëndruppel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 08:57:06 MGT 2024