Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kalk
kalk [boodskap #137073] Ma, 28 Junie 2021 14:23
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18827
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Gebluste kalk, Ca(OH)₂
Gebluste kalk, Ca(OH)₂
kalk
Afbreking: kalk


Selfstandige naamwoord: kalk
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Wit, poreuse stof wat in klip en skulpe gevind word.
• (skeikunde) 'n Alkaliese sout van kalsium.

Gebruik:
Kalk word gebruik om sement en kryt te maak, mure af te wit, sportvelde uit te merk, ens.
Kalk kom is verskeie vorme voor, o.a. kalsiumoksied (ongebluste kalk), kalsiumhidroksied (gebluste kalk) en kalsiumkarbonaat (kalksteen).

Afgelei:
• kalkaanpaksel
• kalkaarde
• kalkafsetting
• kalkafskeiding
• kalkagtig
• kalkarm
• kalkbank
• kalkbevattend
• kalkbrandery
• kalkerig
• kalkfabriek
• kalkgat
• kalkgesteente
• kalkgroef
• kalkgrond
• kalkhoudend
• kalkindustrie
• kalkklip
• kalklaag
• kalkoond
• kalkoplossing
• kalkpad
• kalkryk
• kalksement
• kalkspaat
• kalksteen
• kalktoediening
• kalkverbinding
• kalkverf
• kalkwater
• kalkwit
• messelkalk
• pleisterkalk
• witkalk

Vertaling:
Engels: lime
Nederlands: kalk


Werkwoord: kalk
Verlede tyd: het gekalk

Betekenis:
• Kalk toedien of iets met kalk behandel.

Gebruik:
• Hy kalk die mure.

Vertaling:
Engels: to lime, white-wash
Nederlands: kalken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sintese
Volgende onderwerp: tydvak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 09:47:17 MGT 2024