Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stink
stink [boodskap #137042] Vr, 25 Junie 2021 13:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stink
Afbreking: stink


Werkwoord: stink
Verlede tyd: het gestink
Teenwoordige deelwoord: stinkende

Betekenis:
• 'n Onaangename geur afgee; sleg ruik.

Gebruik:
• Gaan klim in die bad, jy stink!

Spreekwoord:
• Sy stink van die geld. [Baie geld hê.]
• As jy aan die aas roer, stink dit. [Laat vuil sake rus.]
• Eie lof/roem stink. [Dis nie mooi om jouself te prys nie.]
• Dis goud wat blink, maar koper wat stink. [Die skyn bedrieg.]
• Blink van bo, maar stink van onder. [Uiterlik goed, maar innerlik sleg.]

Vergelyking:
stink soos 'n muishond.

Verwant:
• stank (s.nw.)

Vertaling:
Engels: to stink
Nederlands: stinken


Byvoeglike naamwoord: stink, stinkend
Vergrotende trap: stinker
Oortreffende trap: stinkste
Attributief: stink, stinkende

Betekenis:
• Wat sleg ruik.

Gebruik:
• Moenie jou stink asem op my uitblaas nie.

Sinoniem:
• onwelriekend
• slegruikend

Afgelei:
• stinkerig

Vertaling:
Engels: foul-smelling, stinking
Nederlands: stinkend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opskiet
Volgende onderwerp: gemaksone
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 03:44:06 MGT 2024