Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koppig
koppig [boodskap #137037] Vr, 25 Junie 2021 10:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18802
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
koppig
Afbreking: kop•pig


Byvoeglike naamwoord: koppig
Vergrotende trap: koppiger
Oortreffende trap: koppigste
Attributief: koppige
Intensief: vrekkoppig

Betekenis:
• Wat aan eie wil en insigte vasklou.

Gebruik:
• Moet jy altyd so dwarstrekkerig en koppig wees!

Vergelyking:
• So koppig soos 'n muil.

Sinoniem:
• beneuk
• domastrant
• dwarstrekkerig
• dwars
• eiewillig
• eiewys
• halsstarrig
• hardkoppig
• hardnekkig
• ontoegeeflik
• steeks
• stroomop
• styfhoofdig
• weerbarstig

Antoniem:
• inskiklik

Vertaling:
Engels: stubborn, headstrong, obstinate
Nederlands: koppig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hees
Volgende onderwerp: steeks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 06:12:29 MGT 2024