Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » knor
knor [boodskap #137026] Do, 24 Junie 2021 14:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18802
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
knor
Afbreking: knor


Werkwoord: knor
Verlede tyd: het geknor

Betekenis:
• Om 'n brommende geluid te maak.
• Om ontevrede te kla; pruttel.

Gebruik:
• Die hond knor vir die vreemdeling.
• Ag, moet jou nie aan sy geknor steur nie.

Afgelei:
• knorhaan
• knormoer
• knorpot
• knorrig
• knorrigheid
• knortjor

Vertaling:
Engels: to growl, grunt; grumble, complain, murmur
Nederlands: knorren


Selfstandige naamwoord: knor
Meervoud: knorre
Verkleinwoord: knorretjie
Meervoud van verkleining: knorretjies

Betekenis:
• Grommende keelgeluid wat 'n mens of dier maak.

Gebruik:
• Die brak gee 'n harde knor en storm op die oortreder af.

Vertaling:
Engels: growl, grunt
Nederlands: knor

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bereken
Volgende onderwerp: ottermaklotter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 08:29:34 MGT 2024