Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kyker
kyker [boodskap #137023] Do, 24 Junie 2021 11:21
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kyker
Afbreking: kyk•er
Samestelling: kyk + -er


Selfstandige naamwoord: kyker
Meervoud: kykers
Verkleinwoord: kykertjie
Meervoud van verkleining: kykertjies

Betekenis:
• Iemand wat na iets kyk, of iets waarmee gekyk word (soos 'n oog of 'n teleskoop).

Gebruik:
• Die TV-program is net te erg, en ek is nie eers 'n sensitiewe kyker nie.

Spreekwoord:
• Die kwaad moet by die kyker gesoek word. ['n Mens beskou dikwels iets as verkeerd wanneer die fout by jouself lê.]

Sinoniem:
• aankyker
• aanskouer
• toeskouer
• waarnemer

Hiponiem:
• oorkyker
• verkyker

Afgelei:
• kykerstal
• kykery
• TV-kyker

Vertaling:
Engels: spectator, viewer
Nederlands: kijker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bemoei
Volgende onderwerp: gelatenheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 09:59:20 MGT 2024