Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » opposisie
opposisie [boodskap #137021] Do, 24 Junie 2021 11:01
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opposisie
Afbreking: op•po•si•sie


Selfstandige naamwoord: opposisie
Meervoud: opposisies

Betekenis:
• Teenstand wat ondervind word, of diegene wat teenstand bied.
• (politiek) Politieke party wat die regerende party teenstaan.
• (astronomie) Toestand van 'n planeet as dit tussen die aarde en die son inbeweeg.

Gebruik:
• Ons het die opposisie van die veld af gespeel.
• Die opposisie het die uitslag van die verkiesing betwis.
• Planete met 'n kleiner wentelbaan as die aarde kan nie in opposisie wees nie.

Sinoniem:
• antagonisme
• teenparty
• teenstand
• verset
• vyand
• weerstand

Afgelei:
• opposisieaanval
• opposisiebanke
• opposisiebeleid
• opposisieblad
• opposisiegroep
• opposisiekandidaat
• opposisielede
• opposisieleier
• opposisieparty
• opposisiestem

Vertaling:
Engels: opposition
Nederlands: oppositie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ontsteltenis
Volgende onderwerp: bemoei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 08:17:38 MGT 2024