Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kondensasie
kondensasie [boodskap #137019] Do, 24 Junie 2021 09:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die kondensasie van water teen 'n ruit.
Die kondensasie van water teen 'n ruit.
kondensasie
Afbreking: kon•den•sa•sie


Selfstandige naamwoord: kondensasie
Meervoud: kondensasies

Betekenis:
• Die verandering van 'n gas na 'n vloeibare fase (deur afkoeling of die toepassing van druk).

Gebruik:
• Die voortdurende verdamping en kondensasie van water op aarde staan as die waterkringloop bekend.

Antoniem:
• verdamping

Afgelei:
• kondensasiedruk
• kondensasiegraad
• kondensasiehoogte
• kondensasiepot
• kondensasiepunt
• kondensasieproduk
• kondensasieproses
• kondensasievermoë
• kondensasievlak
• kondensasiewarmte
• oppervlakkondensasie

Verwant:
• kondensaat
• kondensator
• kondenseer
• kondensering

Vertaling:
Engels: condensation
Nederlands: condensatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: smelting
Volgende onderwerp: ontsteltenis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:36:51 MGT 2024