Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verbonde
verbonde [boodskap #136961] Vr, 18 Junie 2021 08:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verbonde
Afbreking: ver•bon•de


Byvoeglike naamwoord: verbonde
Attributief: verbonde

Betekenis:
• Wat met iets verbind is of geassosieer word.

Gebruik:
• Hy is 'n professor wat aan die Universiteit van Pretoria verbonde is.
• Die voordele verbonde aan die inenting moet teen die newe-effekte opgeweeg word.

Sinoniem:
• betrokke
• geassosieerd
• gebonde
• saamgesnoer
• saamgespan
• verbind

Afgelei:
• verbondenheid

Vertaling:
Engels: conected, binded
Nederlands: verbonden


Selfstandige naamwoord: verbond
Meervoud: verbonde
Verkleinwoord: verbondjie
Meervoud van verkleining: verbondjies

Betekenis:
• Meervoud van verbond; ooreenkomste wat gesluit is.

Gebruik:
• Verskeie verbonde is tussen die twee lande gesluit om die vrede te probeer bewaar.

Vertaling:
Engels: alliances, unions, pacts, treaties
Nederlands: verbonden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: robuust
Volgende onderwerp: verbondenheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 20:22:17 MGT 2024