Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verheug
verheug [boodskap #136957] Do, 17 Junie 2021 15:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verheug
Afbreking: ver•heug


Werkwoord: verheug
Verlede tyd: het verheug

Betekenis:
• Om baie bly te wees oor iets.

Gebruik:
• Hy verheug sy moeder met 'n bossie blomme.

Spreekwoord:
• Jou oor 'n dooie rot/mossie verheug. [Bly wees oor iets onbeduidens.]

Vertaling:
Engels: to delight, please, rejoice
Nederlands: verheugen


Byvoeglike naamwoord: verheug, verheugd
Attributief: verheugde

Betekenis:
• Wat vreugde verskaf.

Gebruik:
• Ons was verheug om te hoor dat ons kinders kom kuier.

Sinoniem:
• ekstaties
• gelukkig
• opgewek
• opgewonde
• vreugdevol

Antoniem:
• bedroef

Afgelei:
• verheugenis
• verheuging

Vertaling:
Engels: glad, pleased, happy, satisfied
Nederlands: verheugd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tragies
Volgende onderwerp: sorbet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 07:34:52 MGT 2024