Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » saampiekel
saampiekel [boodskap #136951] Do, 17 Junie 2021 13:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
saampiekel
Afbreking: saam•piekel
Samestelling: saam + piekel


Werkwoord: piekel saam, saampiekel
Verlede tyd: het saamgepiekel

Betekenis:
• Om iets met 'n groot gesukkel saam te dra.

Gebruik:
• My tas is swaar en ek kan nie meer al my boeke saampiekel skool toe nie.

Sinoniem:
• saamsleep

Vertaling:
Engels: to drag along, lug along, schlep along
Nederlands: meeslepen

Nota:
• Piekel kom van Maleis, pikol, "om aan 'n stok oor die skouers te dra".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: simpatiek
Volgende onderwerp: kwaadgeld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 09:57:45 MGT 2024