Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » 28 gebruike vir die Afrikaans woord "moer"
28 gebruike vir die Afrikaans woord "moer" [boodskap #136949] Do, 17 Junie 2021 12:32
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Hier is 28 gebruike vir die Afrikaans woord "moer" (soos op Twitter gedeel):

1. Verbasing: Wat die moer?
2. Opgee: De moer hiermee.
3. Moeilikheid: O Moer!
4. Sukkel: Hoe de moer moet ek dit verstaan!
5. Verwarring: Wat de moer!
6. Verdwaal: Waar die moer is ons?
7. Aggressie: Ek moer jou!
8. Belofte: Jy gaan gemoer word.
9. Ongeloof: Nie 'n moer nie!
10. Waarskuwing: Pasop, sy's die moer in.
11. Pyn: Eina Moer!
12. Onsimpatiek: Ek gee nie 'n moer om nie!
13. Ontkenning: Not de moer!
14. Aanwysing: Vlieg in jou moer!
15. Suspisie: Wie de moer is jy!?
16. Admirasie: Dis nou moer mooi!
17. Afguns: Ag, sy moer!
18. Misnoeƫ: Sies moer!
19. Twyfel: Ek weet nie wat de moer om te doen nie.
20. Tydsberekening: Moer lank.
21. Afstandsmeting: Moer ver.
22. Hoogtebepaling: Moer hoog.
23. Dieptebepaling: Moer diep.
24. Paniek: Ek's moer laat!
25. Vreugde wense: 'n Moerse lekker naweek vir jou!
26. Roep: Kom hier jou moer !
27. Stukkend: In sy moer in!
28. Eskom: Moer toe.

Enige wat hulle gemis het?
Vorige onderwerp: Politiek
Volgende onderwerp: Gewig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 19:56:47 MGT 2024