Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verslae
verslae [boodskap #136931] Wo, 16 Junie 2021 10:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18794
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verslae
Afbreking: ver•sla•e


Byvoeglike naamwoord: verslae
Vergrotende trap: verslaener
Oortreffende trap: verslaenste
Attributief: verslae

Betekenis:
• Wat hoogs ontsteld of teleurgesteld is.

Gebruik:
• Die boere het verslae gekyk hoe die hael hulle landerye verwoes.

Sinoniem:
• bedruk
• depressief
• mismoedig
• mistroostig
• moedeloos
• neerslagtig
• ontmoedig
• platgeslaan
• stomgeslaan
• troosteloos
• verbysterd
• verpletter
• wanhopig

Afgelei:
• verslaenheid
• verslaentheid

Vertaling:
Engels: dismayed, dumbfounded, perplexed
Nederlands: verbijsterd


Selfstandige naamwoord: verslag
Meervoud: verslae
Verkleinwoord: verslaggie
Meervoud van verkleining: verslaggies

Betekenis:
• Meervoud van verslag; meer as een verslag.

Gebruik:
• Die publiek het talle verslae is oor die voorval ingedien.

Vertaling:
Engels: reports
Nederlands: verslagen, rapporten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sonsverduistering
Volgende onderwerp: olm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 22:28:26 MGT 2024