Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sonsverduistering
sonsverduistering [boodskap #136930] Wo, 16 Junie 2021 10:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Sonsverduistering
Sonsverduistering
sonsverduistering
Afbreking: sons•ver•dui•ste•ring
Samestelling: son + -s- + verduistering


Selfstandige naamwoord: sonsverduistering
Meervoud: sonsverduisteringe, sonsverduisterings
Verkleinwoord: sonsverduisterinkie
Meervoud van verkleining: sonsverduisterinkies

Betekenis:
• Die verskynsel dat die maan voor die son inbeweeg en sodoende die sonlig blokkeer.

Gebruik:
• 'n Sonsverduistering kan slegs tydens 'n nuwemaan voorkom wanneer die son en maan in konjunksie (of sameloop) is.

Sinoniem:
• soneklips

Vertaling:
Engels: solar eclipse
Nederlands: zonsverduistering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oorontsteking
Volgende onderwerp: verslae
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:29:44 MGT 2024