Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » balhorig
balhorig [boodskap #136885] Sa, 12 Junie 2021 20:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
balhorig
Afbreking: bal•ho•rig


Byvoeglike naamwoord: balhorig
Vergrotende trap: balhoriger
Oortreffende trap: balhorigste
Attributief: balhorige

Betekenis:
• Wat nie na bevele luister nie; moedswillig doof.

Gebruik:
• Ek was op my dag 'n koppige en balhorige kind gewees.

Wisselvorm:
• balorig

Sinoniem:
• dwars
• hardkoppig
• koppig
• moedswillig
• ongehoorsaam
• onregeerbaar
• onwillig
• opstandig
• stuurs
• weerbarstig

Antoniem:
• gedwee

Afgelei:
• balhorigheid

Verwant:
• baldadig
• balsturig

Vertaling:
Engels: stubborn, headstrong, refractory
Nederlands: balorig

Nota:
• Die bal- in balhorig beteken 'kwaad, sleg', die -horig beteken 'hoor, luister.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: faktotum
Volgende onderwerp: oreer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 07:42:56 MGT 2024