Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ophef
ophef [boodskap #136883] Sa, 12 Junie 2021 18:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18817
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ophef
Afbreking: op•hef
Samestelling: op + hef


Werkwoord: hef op, ophef
Verlede tyd: het opgehef

Betekenis:
• Om iets na boontoe te beweeg.
• Om iemand op 'n hoër peil te bring.
• Om iets te beëindiging of ongedaan te maak.

Gebruik:
• Hy hef sy hande op na bo!
• Sy wil die minderbevoorregtes ophef.
• Die drakoniese wette moet opgehef word.

Spreekwoord:
• Die arm teen iemand ophef. [Iemand met geweld bedreig.]

Sinoniem:
• hys
• ophys
• oplig
• verhoog
• afskaf
• herroep

Afgelei:
• opheffing

Vertaling:
Engels: to lift, raise; to abolish, disband, discontinue, suspend
Nederlands: opheffen


Selfstandige naamwoord: ophef
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Groot lawaai of petalje.

Gebruik:
• Hy maak 'n groot ophef oor 'n nietigheid.

Sinoniem:
• bohaai
• gedoente
• kabaal
• petalje
• spektakel

Vertaling:
Engels: fuss, ado
Nederlands: ophef

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: belê
Volgende onderwerp: faktotum
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 13:05:19 MGT 2024