Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verleë
verleë [boodskap #136856] Do, 10 Junie 2021 18:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18630
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verleë
Afbreking: ver•le•ë


Byvoeglike naamwoord: verleë
Vergrotende trap: meer verleë
Oortreffende trap: die mees verleë
Attributief: verleë
Intensief: doodverleë

Betekenis:
• Wat skaam en selfbewus is; nie weet hoe om op te tree nie.
• Wat behoeftig is of hulp benodig.

Gebruik:
• Hulle is verslae en verleë, hulle koppe hang. [Jeremia 14:3]
• Ek is nie verleë oor jou nie!

Sinoniem:
• bedees
• beskeie
• beskroomd
• druipstert
• ingetoë
• inkennig
• nederig
• onseker
• selfbewus
• skaam
• skamerig
• skugter
• teruggetrokke
• verslae

Afgelei:
• verleentheid

Vertaling:
Engels: shy, abashed, self-conscious
Nederlands: verlegen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: arbeider
Volgende onderwerp: klawer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:31:35 MGT 2024