Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » arbeider
arbeider [boodskap #136855] Do, 10 Junie 2021 17:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18827
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
arbeider
Afbreking: ar•bei•der
Samestelling: arbeid + -er


Selfstandige naamwoord: arbeider
Meervoud: arbeiders
Verkleinwoord: arbeidertjie
Meervoud van verkleining: arbeidertjies

Betekenis:
• Iemand wat arbeid in ruil vir 'n loon verrig.
• Lid van 'n arbeidersparty.

Gebruik:
• Daar is ongelukkig nie baie werk vir ongeskoolde arbeiders nie.
• Die arbeiders het besonder goed gevaar in die verkiesing.

Sinoniem:
• handwerker
• huurling
• vakman
• werker
• werkman
• werkkrag

Antoniem:
• arbeidster (vroulik)

Afgelei:
• arbeiderklas
• arbeidersbevolking
• arbeidersbeweging
• arbeidersbuurt
• arbeidersklas
• arbeidersorganisasie
• arbeidersparty
• arbeidersprobleme
• arbeidersregering
• arbeiderswoning
• dwangarbeider
• kontrakarbeider
• loonarbeider
• plaasarbeider

Vertaling:
Engels: laborer, labourer, worker
Nederlands: arbeider

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: buiteblad
Volgende onderwerp: verleë
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 10:23:43 MGT 2024