Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boeglam
boeglam [boodskap #136542] Do, 13 Mei 2021 20:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
boeglam
Afbreking: boeg•lam
Samestelling: boeg + lam


Byvoeglike naamwoord: boeglam
Attributief: boeglam

Betekenis:
• Intensiewe vorm van lam: baie lam (moeg of nie in staat om te beweeg nie).

Gebruik:
• Sy skrik haarself boeglam toe sy die kind met 'n laken oor sy kop sien.

Spreekwoord:
Boeglam geskrik. [Baie groot skrik.]

Sinoniem:
• bewegingloos
• doodlam
• doodmoeg
• flou
• gedaan
• kaduks
• kapot
• klaar
• pê
• tam
• tonguit
• uitgeput
• verstar

Vertaling:
Engels: dead beat, exhausted
Nederlands: boeglam

Nota:
• Boeg is 'n Middelnederlandse woord vir die bo-arm of blad (veral van 'n perd). As iemand hom boeglam skrik, voel hy dus soos 'n perd wat te ver gehardloop het en moeg is in die boeë.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: debakel
Volgende onderwerp: parapleeg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 21:43:40 MGT 2024